| Spartan reloads / C M J reloads / Game ranger reloads / Glock info / Technical info
I purchased 85g 257 calibre bullets from you and loaded 59g s385 to do 3500fps in my 25-06 26 inch barrel.
I shot an eland cow at 214 m (range finded) behind the shoulder to exit on the opposite shoulder. She went straight down with hardly any meat damage (after skinned, weight of carcas was 219kg).
I will not hunt with other bullets again, keep it up.
I shot 3 that day, all one shot kills.
Regards
Leon Wium
Hier is die ladings soos aangevra:
Spartan 250gr vir 375H&H;
S335 - Begin 62gr - Maksimum 69gr
S355 - Begin 66gr - Maksimum 72gr
Onthou dat hierdie monolitiese punte is en dat jy altyd by die minimum moet begin en stadig op werk. Laat weet ons gerus as ons enigsins verder kan help.
Die produk het ek nou al bemeester deur met lading ontwikkeling my spoed aan te pas vir optimale herwinning van my punte. Die retensies en minimum vleis skade op al die diere was n ontnugtering. Vir elk een van my kalibers het ek lading ontwikkeling so bemeester dat ek met my baan/papier punte op 100 meter die selfde tref punte het as my Frontier jag ammunisie.
Dus verstel ek glad nie aan my gewere se teleskope wanneer ek na n volgende kissie ammunisie verander nie, min of geen jagters sal dieselfde kan se van hulle toerusting.
Die jag van groter spesies soos koedoe is 'n absolute plesier met die kleine 150gr Spartan omdat ek die vertroue ontwikkel het dat hierdie punt eenvoudig net presteer. Daar is geen deflektering wanneer been getref word nie. Die penetrasie en retensie is absoluut wonderlik.
Ek jag nou al vir drie jaar met dié produk en baie van my vriende staan verbaas na die resultate en kyk. Die akkuraatheid is uitstekend! Ek het al groeperings so klein as 4.4 mm in die .308 (SPBT30150) en 14.3mm in die .375 (SPHP375300) oor 100 meter behaal.
Mornay Eyre.
Cal ; 6mm ,243 - 85 gr HP
270 -140 gr HP
375 – 250 gr HP
200gr HP
wat ek reeds gebruik het. Dit is baie akkuraat en die gewigs retensie op my 270 op 140 gr is tussen 137 -139 gr vir gemsbok ,kudu en elande wat ek geskiet het. My lading wat ek gebruik is 46 gr S365 op die 270 en op die 375 ,300gr Game ranger , 58 gr S 335. Hierdie 375 lading skiet ek n 25 mm groepering op 100m.Ek is baie tevrede met die punte en beskou dit as van die bestes wat ek nog gebruik het. My onder vinding is dat hierdie punte meer gebruik moet word in die jagveld.
Gys Jacobs.
Ek het onlang vir my 'n 7x57 gekoop en helaai graag, daar is al ure spandeer op die oplees van punte ens, punte wat ek ingedagte gehad het was GS Custom asook Rhino en Hornady. Ek jag gereeld in die bos sowel as in die Vrystaat oor langer afstande. Ek het die volgende vrae:
Ek sien dat daar drie verskillende greine beskikbaar is, wat is die Min & Max ladings asook die spoed wat ek kan verwag in elke grein
My Broer jag met 'n .303 wat hy net in die bos gebruik( hy gebruik 7mm Rem mag & 223 vir vlaktes) ons het Sierra pro hunter 180 gr punte gelaai in sy 303 vir die bos, maar is baie ontevrede met die resultate. Ons het 4 rooibokke en'n koedoe koei met die punte gejag die jaar, ons kon nie een noemenswaardige stuk punt herwin nie, en nie op een van die 5 bokke, wat agter die blad geskiet is het duer gepenetreeer nie( Dit maak glad nie sin nie) Kan u asb vir my ook kostes van die punte sowel as herlaai data met spoed stuur vir die .303.
Herlaai Data:
7x57
S365
130gr Spartan HP - Begin 45gr (2550fps)
Maks 47.5gr (2750fps)
140gr Spartan HP - Begin 43.5gr (2430fps)
Maks 46gr (2640fps)
155gr Spartan HP - Begin 42gr (2300fps)
Maks 45gr (2550fps)
7x57
S335
130gr Spartan HP - Begin 41.5gr (2640fps)
Maks 44gr (2850fps)
140gr Spartan HP - Begin 40.5gr (2550fps)
Maks 43.5 gr (2780fps)
150gr Spartan HP - Begin 39gr (2400fps)
Maks 42gr (2650fps)
303
S341
174gr Spartan HP - Begin 38.5gr (2300fps)
Maks 42gr (2480fps)
303
S335
174gr Spartan HP - Begin 36gr (2250fps)
Maks 40gr (2500fps)
Onthou hierdie is monolitiese punte en gee vinniger druk as normale lood kern punte, begin dus altyd met die minimum ladings en werk stadig op en hou konstant dop vir tekens van druk.
I want to start loading the 150 grain Spartan HP in .270. I use a Winchester Feather Weight. I’m I right in say that I should start at about 46g with S365, whats the max and the jump.
Your maximum load will be 50gr, this is a monolithic bullet so please start at the minimum and work up and check for pressure. We recommend that you use a jump of 1mm-1.5mm depending on what your magazine will allow.
I am hunting with a Musgrave 30-06 and Sako 270 Winchester, I reloaded the 30-06 with 180gr pmp and the 270 with 150gr pmp. I went hunting and shot 2 blou wildebeest with the 30-06 with good results. Both shots were chest shots and with the 270, I shot a gemsbok also a chest shot, what is a concern the retrieved bullets more than 50% weight loss. My concern is I want to shoot a Eland next year and need a good bullet point to load with and am pondering if I must load 180gr or 220gr. Is it possible to assist me and give me correct information on powder and amounts.
We recommend you use the Spartan 30Cal 180gr Bullet, you can use the HP(Hollow Point) or HPBT( Hollow Point Boat Tail) which ever you prefer.
This bullet will give you excellent penetration and sufficient killing power on Eland.
Loading data for the Spartan 180gr bullet on 30-06:
S36
Start 47.5gr
Max 52gr
Start 41.5gr
Max 44.5gr
The preferred speed is between 2500 fps and 2600 fps.
The COL will be around 81mm depending on you rifle, we recommend that you seat the bullet with a 1mm-1.5mm jump.
This is a monolithic bullet, please start with the minimum load and work upwards constantly checking for pressure.
Ek is opsoek na herlaai data vir die 404 Jeffrey met 400gr HP Spartan punte. Sal die punte voldoende wees op buffels, of moet ek eerder die 400gr Phalanx gebruik?
Jy kan die 400gr HP punte op buffels gebruik, maar die 'mushroom' van die punt gaan nie baie groot wees nie a.g.v die lae spoed. Ek sal eerder die 400gr Phalanx gebruik en sodoende genoegsame penetrasie en slaankrag verseker. Ek sal aanbeveel dat jy die punt teen so 2100 fps moet skiet.
Ladings vir 404Jefferies 400gr Spartan HP of Phalanx:
S365 - Begin 72gr
Maksimum 78gr
Hierdie is monolietiese punte so begin altyd by die minimum lading en werk stadig op.
Ek sien daar is ook `n 350gr Spartan punt beskikbaar. Het u dalk ook `n lading vir ondergenoemde geweer en kaliber?
Jy kan die volgende data gebruik;
Game Ranger 310gr .458 vir .45-70 Govt:
S335 - Begin 57gr
Maksimum 62gr - Hierdie is 'n saamgepersde lading
Game Ranger 350gr .458 vir .45-70 Govt:
S335 - Begin 55gr
Maksimum 60gr - Hierdie is 'n saamgepersde lading
Game Ranger 400gr .458 vir .45-70 Govt:
S335 - Begin 50gr
Maksimum 54gr - Hierdie is 'n saamgepersde lading
Spartan 350gr .458 vir 45-70 Govt:
S335 - Begin 53gr
Maksimum 57gr - Hierdie is 'n saamgepersde lading
As gevolg van die lae dop kapasiteit van hierdie kaliber moet daar versigtig op gewerk word met die ladings omdat druk maklik voorkom, begin altyd met die minimum lading. Hierdie ladings is slegs geskik vir moderne enkel skoot gewere soos die Ruger No1 val-blok aksies en moet nie gebruik word op ou "lever action" gewere nie.
Ek soek n punt vir my 7x64 breneke. Gewoonlik skiet ek 160 en 170 gr SP punte en vekies n swaarder punt . Daarom oorweeg ek die 155 gr HP punte. Ek het al 150 Barnes X geskiet en gevind dat die pettels soms afbreek . Daarna het ek ook 130 gr GS Gustoms probeer maar die hoe spoed is nog n probleem. Die punte moet 150/160 gr wees teen n spoed van 2750 fps. Wat kan julle my aanraai. Die 7x64 Breneke is 0.285. Groefdraai is 8.7. Dit is n Walther loop op n Mouser aksie .
Ons 155gr HP Spartan is die gewildste punt vir die 7x64, jy sal die spoed wat jy verlang gemaklik daarmee bereik. Hierdie punte sal goed oop maak op daardie spoed, maar jy moet in gedagte hou dat daar ook "petals" kan afskeur sou jy bene tref en die skiet afstand naby is. Jy kan die volgende ladings gebruik vir die 7x64 155gr Spartan HP: S365- Begin 49.5gr tot Maksimum 54gr (2495fps - 2885fps) S335- Begin 45gr tot Maksimum 48gr (2500fps - 2750fps)
Ek het so pas 225gr HBPT punte aangeskaf vir my 375 Brno. Graag verneem ek wat die Min. en Maks. ladings moet wees synde ek S335 kruit in my besit het. Adviseer ook indien `n ander tipe kruit beter resultate sal lewer as die huidige S335.
:
Jy kan die volgende ladings gebruik:
.375 225gr Spartan HPBT - S335 Begin 65gr
Maksimum 72gr
Die volgende is ook beskikbaar;
.375 225gr Spartan HPBT - S355 Begin 69gr
Maksimum 77gr
.375 225gr Spartan HPBT - S341 Begin 77gr
Maksimum 82gr
Begin maar net altyd by die minimum lading en werk op, hierdie is monolitiese punte en kan vinnig druk wys. Ek sal aanbeveel jy bly by S335 of S341, want die S355 maak die dop te vinnig vol.
I am looking for some load indications for my 458 Lott (SABI) using your Spartan 400gr HP, do you have any loads you have developed by any chance?
The only data we have is a minimum and maximum load indication, unfortunatly we do not have any fully developed load.
458Lott 400gr Spartan - S335 Start- 66gr tot Max - 75gr
Ek wil graag verneem wat u aanbeveel vir die 300 Weatherby Magnum.
1- Tipe kruit
2- Tipe primer
3- Tipe dop
4- Gryn punt (Wil moontlik 180gr oorweeg)
5- Min en Max lading
:
Kruit - S365
Primer - Magnum primer
Dop - Gewoonlik Remington omdat dit die mees beskikbaarste is
Punt - 180gr Spartan, Flat base of Boat Tail kan gebruik word
Lading - S365 begin 66gr tot 70gr (Aanbevole ladings vir 180gr Spartan punte)
Ek wil graag n pryslys ontvang van al julle punte asook aanbevele ladings vir die verskillende 9.3 punte om te gebruik in n 9.3x62 Mauser asb.
9.3mm 235gr Spartan HP: S335 Begin 55gr tot Maksimum 61gr
9.3mm 286gr Spartan HP: S335 Begin 50gr tot Maksimum 56gr: S341 Begin 54gr tot Maksimum 58gr
Vir die 286gr Phallanx punt kan die selfde ladings as vir die HP punt gebruik word.
:
1) In die .308 Spartan punt reeks is daar die 180gr. HP en dan kry jy ook die 180gr. HPBT.Gebruik ek dieselfde kruit vir albei? Wat gaan die spoed verskil wees en wanneer gebruik ek watter punt.
2) Daar word in julle verslae voorgestel dat die 168gr. Punt gebruik moet word wanneer daar op Springbokke en Blesbokke gejag word.Dit gee goeie resultate volgens die verslag. Ek sien dat 168gr. punte net in HP beskikbaar is. Dit is hoekom en vra wat die verskil tussen die HP en die HPBT is.
3) Kry ons net HP in die .270 reeks.
Die verskil tussen HP en HPBT is, HP staan vir "Hollow Point" en HPBT staan vir "Hollow Point Boat Tail", dus ja jy gebruik dieselfde kruit en gewoonlik ook dieselfde lading en die spoed verskil is noemenswaardig min.
Al rede hoekom ons die 168gr aanbeveel vir Springbokke en Blesbokke is omdat jy meer spoed kry en dus is jou trajek platter, wat dan help omdat hierdie wild op langer afstande geskiet word. Ons maak wel 'n HPBT punt dit weeg net 165gr.
Op hierdie oomblik het ons nog net HP punte in die 270 reeks.
Daar is nie 'n verskil tussen HP en HPBT punte as dit by jag kom nie, wat ons aanbeveel is dat jy die punt gebruik wat vir jou die akuraatste is in jou geweer. Albei punte sal die selfde uitwerking op die bok lewer, dit hang net af of jou geweer meer akuraat is met "Flat base" punte of "Boat Tail" punte.
Ek wil graag vanaf julle verneem watter Spartan punte geskik sal wees vir my 270 geweer.Ek jag Springbokke, Blesbokke en Ribbokke met die geweer.Ek sal dit baie waardeer indien julle ook die kruit sal aanbeveel asook die lading.
Vir die tipe wild wat jy jag sal ek die .270 130gr Spartan aanbeveel' omdat hierdie wildsoorte gewoonlik oor langer afstande gejag word. Die gewildste dryfmiddel wat gebruik word is Somchem S365, en die ladings is 49gr begin lading tot maksimum 53gr, dit behoort vir jou 3000 fps te lewer. Onthou wel dat hierdie monolitiese punte is en dat jy by die minimum lading moet begin en op werk en konstant dophou vir druk, as ladings uitgewerk word.
Please could you supply me with the loading data in respect of your Spartan Bullets for my 30.06 Weatherby rifle.
I note from your distributors list that the local distributor for Middelburg Mpumalanga is Neo-C Enterprises and I will be contacting them next week to see if they have stock.
A load for the 180 gr Spartan
S365 starting 47gr to 52gr depending on type of rifle ets.
S335 40.5gr
S341 46gr
MAKE SURE OF AT LEAST 1 TO 1.5 MM BULLETJUMP
S365 starting 47gr to 52gr depending on type of rifle etc.
S335 40.5gr
S341 46gr
MAKE SURE OF AT LEAST 1 TO 1.5 MM BULLETJUMP
Ek wil graag Spartan punte probeer in my 30-06. Ek gaan blesbokke en springbokke jag in die Vrystaat. Watter punt kan julle aanbeveel? Kan julle dalk ook herlaai data saamstuur.
Ek gebruik 168gr spartan punte met baie goeie resultate
My lading is 47.9 gr S335 en die spoed is 2850v/s
Jy kan met veiligheid by46gr begin en stelselmatig op -laai totdat jy verlangde spoed en akkuraatheid kry.
Ek het ‘n pakkie Spartan punte gekoop 100gr vir kaliber 25-06 by Champions in vereeniging. Die lading wat ek gelaai het was S385 dryfmiddel 57gr (somchem data 53 min tot 58 max) met ‘n totale patroon lengte van 80mm. Wel met die eerste skoot wat geskiet is het die primer uitgeskop dit dui op hoë druk het julle dalk voorgestelde lading of advies in die verband. My plan is om dielading aft e bring na 55gr. Ek skiet ook ander punte van 100gr wat ek 56.5gr S385 laai
Maak seker jy het minstens .5 mm spasie tussen die koeel se boor deursnee en die landdingsgroewe (jump); verminder jou ladidg met 2 tot 3 grein skiet jou lading oor n kronograaf en gebruik jou spoed resultate en groepering as verwysings; onthou dat daar moontlik die verlangde spoed verkry word lank voordat daar druk is; verhoog jou ladings met .3 grein op n slag.
Ek wil graag Spartan punte probeer in my 30-06. Ek gaan blesbokke en springbokke jag in die Vrystaat. Watter punt kan julle aanbeveel? Kan julle dalk ook herlaai data saamstuur.
Ek gebruik 168gr spartan punte met baie goeie resultate. My lading is 47.9 gr S335 en die spoed is 2850v/s. Jy kan met veiligheid by46gr begin en stelselmatig op -laai totdat jy verlangde spoed en akkuraatheid kry.
Ek skiet met baie groot sukses die bg punt met my 30-06. Die punt lengte is 32.89mm. Ek verkies S335 kruit omdat ek baie goeie akkuraatheid daarmee kry(12mm) op 100 meter.
Ladings is as volg 47.9 gr [ BAIE AKKURAAT]
Jy kan van 44gr tot by 48gr laai maar onthou elke wapen is anders en hou maar druk dop . S365 het ek ook gelaai en jy kan tussen 50gr en 55gr laai maar kyk na druk as jy by die top ladings kom. Spoed met hierdie punte is maklik om te behaal en dit kan wissel tussen 2500 en 2900v/s na gelang van die wapen en die lading .
In bijlage een foto van mijn schietkaart van zondag - 5 schot Spartan 250 grs liggend 100 m N 140 68 grs. Is dit goed of is dit heel goed? Eddy is ook zeer enthousiast.
Click the pic below to enlarge.

Rifle: CZ 602
Caliber: 375 H & H magnum
Bullet: Frontier Spartan 300 grain
Case: Winchester
Propellent: P.C.L. 511 (ball powder)
Charge: 76 grainVelocity: 2580 feet/sec.
Distance: 100 meter
Extreme spread 4 bullets, see attachment 375 Target
Conclusion: A very accurate bullet for the given caliber.
RESULTS - PDF 1
RESULTS - PDF 2

top of page
Just to let you know I tried some of your bullets in an old model ruger 44 semiauto carbine. Function and accuracy were excellent. No problems with leading or clogging of gas port.Theres lots of these guns out there and cast bullets typically give problems in these. May be good to pass this along to your distributors.
Thanks Rob Arnot
I finally had breakthrough with the 147gr FP!
Got 0.87" centre to centre, 5 shot group benchrest at 25 metres with my Glock 17.
I made the overall length to 28.60mm. (1.125"). Thank you for giving me a guide on the OAL. At this stage, I have not measure velocity.
My next question, is I would like to try 124grFP. What is the recomended OAL and velocity? In terms of performance, what is the difference between FP and RN projectiles? Which one is better?
Unfortunately we do not have loading data on the specific power you are using, but you can use the data supplied by the manufacturer for normal 147gr FMJ bullets.
We recommend that you shoot these bullets at, at least 900fps, and you COL will be approximately 1.13" depending on your chamber.
Since last week i wanted to try out some of the frontier bullets with Vihtavuori powder, but i could not find any reload data for the CMJ Cast 9 mmP 124gr RN .
What are the loading data's for Vihtavuori N310 N320 N330 N340 with these kind of bullets .
You can use the following data,
This data is for a 9mm Luger (9x19)
Vihtavuori Powder: N320 Start - 3.4gr
Max - 4gr
N330 Start - 4.3gr
Max - 4.9gr
N340 Start - 4.5gr
Max - 5.1gr
N350 Start - 4.9gr
Max - 5.7gr
Attached is a picture of my weekend’s testing of your bullets. I weighed them before reloading and sorted accoringly. I am impressed with the result.

I am looking for the reloading data for the Frontier .30 carbine 110 grain CMJ-RN bullet.
You can use the following loading data;
H110 - Start 12gr (1600 fps)
Maximum 14gr (1850 fps)
Use CCI Magnum primer with this load, or CCI No. 41 primer.
Viht. N110 - Start 10.5gr (1565 fps)
- Maximum 12.5gr (1820 fps) This is a compressed load
Your COL will be around 1.68" depending on your chamber and magazine lenth.
Powder Vita. N320 4.9 - 5.0gr.
Bullet Frontier 180gr. OAL 29.8mm
Power Factor 177.
( If you have a tite Barrel, 0.2gr Powder less)
Powder Vectan AS 4.6gr.
Bullet Frontier 180gr. OAL 29.8mm
Power Factor 178 (Very constat velosity)
Powder Vita. N330 5.0gr
Bullet Frontier 124gr. OAL 29.2mm
Power Factor 132
I used N320, but the powder is too fast for the short 9mm case. It burns the barrel out.
For these loads I used Federal 100 Primer
Powder Vita. 3N37 7.9gr
Bullet Frontier 124gr OAL 31.6mm
Power Factor 165
Powder Vita. 3N38 8.9gr.
Bullet frontier 124gr OAL 31.6mm
Power Factor 165
For these two loads I used CCI 550 Magnum Primers.
This is without any guarantee. So be careful:-))
top of page
As requested load data for the 300win
Rifle: Winchester Model 70 Post 64 Twist rate: 1/10 Chamber length: 67.81mm Magazine length: 85mm Case shoulder length: 58.2mm Bullet type: FRontier Game ranger FN 220gr Powder: Somchem S385 ( this is the recommended powder by somchem after a call to them for the 300 if you want velocity use S365, S385 also fills the case better and I believe a case should be 95 to 98%, slightly compressed if necessary) Powder weight: 66.2gr (66.5 also give more than acceptable grouping but 66.2 is outstanding) Case: Remington Primer type: CCI large rifle magnum (rule of thumb, extruded powders all use magnum primers, ball powders std primers can be used) Sizing: full length using a Redding bushing die, bushing calculated on the Game ranger bullet Crimp: no TBL 84mm (83.5 also gives good groups) Length from bullet ogive: 79.43 I dont batch my bullets by weight but from teh ogive to teh base using 0.1mm as a cut off point. weight is not as important as length to me, the closer to teh lands and the more consistant in length per batch the better Case Prep
Case length is determined by taking a case that I know is tight in teh chamber and it is resized until the bolt just closes easily, this length is then logged and my resizing die set up to this length measured from the middle of the shoulder to case head, this enables me to control the headspace as i want to and avoid excess bumping back of the case shoulder ( I accept 0.002inch dif in case length). Cases are outside neck cut and fireformed and then recut. Cases are trimmed to the same length (I dont worry about trimming to spec as i know the chamber length, all I do is make sure all cases are the same length, if longer than the chamber I trim to spec), champhered and the champhour polished with steel wool. Primer pockets are also uniformed and deburred. My cases are also polished with steel wool using a drill on medium speed to remove any irregularities on the case outside wall and the inside of the neck then polished in the tumbler. All fired cases are cleaned in a ultrasonic bath after each firing to remove all fouling and polished in the drill, and placed in the ultrasonic bath and dried and polished in a tumbler before being resized. I use a redding bushing resizing die(this die enables me to have a ridge on teh neck which assists in centering the bullet to teh barrel) and a Hornady competition seater die. I deburre and uniform the primer pocket every three shots per a case and aneal the cases at the same time and the cases are then checked for length as well. Each round is then run thru a run out guage and batched according to concentricity, the best (less than0.05mm run out) are kept for grouping and long range shots ( so my rifle is always loaded with the BEST during hunting, on the range when we move to 50m or 100m I use the "skew" rounds, 200m i use the 0.1mm run outs, the real shitty ones are shot out for practice). The rifle is cleaned and the copper removed (i Use m98 or sweets and plain old parrafine to clean out the mess and get rid of the gunk in teh chamber and around the locking lugs) from the barrel at a maximum of 50 shots. the rifle is fitted with a muzzle brake and customised idigenous wood stock cut to fit me and the chamber polished. I use a Maeopta 6x40 scope, scopes that are bigger and with adjustments and parralax etc dont work in thick bush, this scope is good enough out to 300m .
Some say I take it to far.
Dave Honiball
I have been given 15 bullet heads each of the following calibers.......9,3 x 62 286 gr gamerangers ? Is this correct the weight ? If so using somchems 335 what is the start load & maximun loads. as well as 220 gr gamerangers for my 308 ? Are these bullets not to heavy for my Bruno 308 ? If so what must i use?
The actual weight of our 9.3 Game Ranger bullets is 296gr. You can try the 220gr bullets in your 308, your rifles twist will determine if the bullets will stabilize.
Loading data for 9.3 x 62 286gr Game Ranger:
S335 - Start 48gr
Max 55gr
Loading data for 308 220gr Game Ranger:
S335 - Start 32gr
Max 36gr
Always start at the minimum load and work upwards.
Ek het ‘n boksie van julle punte gekoop, het julle miskien vir my herlaai data vir julle 510gr, platpunt solid vir ‘n .458 Lott? Is dit effektief vir back-up op Buffels?
Ons stel voor dat jy begin met 73gr S335 op die 510gr punt, en werk dan maar stelselmatig op. Dit is geskik vir buffels.
Ek het nou die dag met jou gesels oor die selfoon in verband met die minimum- en maksimumladings vir die 230gr vir ons 303's. Jy het toe gevra ons moet jou laat weet wat ons resultate is.
Ons het die volgende inligting van julle webwerf verkry:
CALIBER |
CASE USED |
FIREARM |
CRIMP USED |
COL |
CHARGE |
POWDER |
VELOCITY |
303 |
Highland |
Lee Enfield MK4 22” Barrel |
No Crimp |
72.14 |
37.7gr
38.8gr
39.2gr |
S365 |
1704 fps
1774 fps
1830fps (space becomes a problem) |
303 |
Highland |
Lee Enfield Mk4 22” Barrel |
No Crimp |
72.14 |
36.6gr
37.6gr
39.1gr |
S341 |
1820 fps
1890 fps
1960 fps |
Na aanleiding van 'n artikel "Reloading the 303 with S355" in die manMagnum van Mei 2006 het ons baie goeie groeperings met 215gr Rhino Solid Shankspunte voor 42,5gr S355 gekry, met 'n gemiddelde spoed van 2235 v/s.
Die Rhinopunte het aan ons sakke begin vat, want ons skiet tot 30 skote op twee tot drie Saterdae per maand.
'n Artikel oor Frontiers in die S A Jagter het ons aandag getrek en het ons toe op die internet verder gesoek. Daar maak ons toe kennis met die bovermelde 230gr Frontiers.
Na deeglike oorweging en 'n selfoongesprek met jou, besluit ons toe om 'n paar 230gr Fontiers voor S355 te laai. Ons laai toe tien patrone van 38,4gr tot 42,0gr met inkremente van 0,4gr. (As 'n 215gr voor 42,5gr S355 'n goeie groepering gee, behoort 0,5gr laer agter 'n 230gr nie te sleg te vaar nie.)
Wat was ons verbasing groot, toe ons die spoed van die 230gr Frontiers meet van 1913.68 v/s tot 2113.30 v/s sonder enige teken van oormatige kamerdruk?
Nou beplan ons ons ladingontwikkeling volgens die "Sweet Spot" tegniek van Hendrik van Rensburg (Die Akkurate Ketting) en gaan ons twintig patrone laai met 230gr Frontiers voor S355 vanaf 37,2gr tot 43,0gr met inkremente van 0,3gr. Elke skoot sal met die Chrony gemeet word en versigtig na drukprobleme gelet word.
Ons gaan die twintig patrone oor 300m skiet. Uit die resultate sal ons dan besluit om vyf of meer groeperings elk van die naaste skote te laai. Uit hierdie vyf of meer groeperings sal ons dan die twee bestes kies wat na ons mening in ons ou 303's se smaak val.
top of page
I am from the country New Zealand and I was wondering if you can help me by providing load data for my Glock 17 9x19 .
I would like to use: CMJ 9mm 147gr FP Swaged bullets. SPEER Brass, ADI AP70N powder and Federal SP Primers.
I was wondering if you are able to tell me the recommended Overall Length for the CMJ 9mm 147gr FP Swaged bullet?. Also, what is the recommended velocity (fps)?
I am trying to get it to shoot under 1.5" (5 shot group at 25m). But the best I have done so far is only 2.3" group with this bullet. I have shot cast bullet from another manufacturer (round nose 145gr) and got 1.3" group twice!. I was hoping this CMJ 9mm 147gr FP Swaged can perform with similar result or better.
Unfortunately we do not have loading data on the specific power you are
using, but you can use the data supplied by the manufacturer for normal
147gr FMJ bullets.
We recommend that you shoot these bullets at, at least 900fps, and you COL
will be approximately 1.13" depending on your chamber.
Please let us know if you are successful and let us know if we can assist
you with any further detail
top of page
W = Bullet weight = 130gr
D = Caliber in inch = o,284” (7mm)
Cd = drag coefficient
X = 1/air density at 4386 feet above sea level (Potchefstroom) = 1,1330
Cd (=drag coefficient ) = o,9221 x W x Rn (V1/V2)
D² x R x X
W = Bullet weight (grains) = 130
Vi = Muzzle Velocity of bullet = 3006 fps (0 yards)
Ve = final Velocity of bullet = 2719 fps (109.36 yards)
Ln = nat. logarithm to base e = ln
D = caliber in inches = 0284”
R = distance in feet = 109.36 x 3 = 328.08 ft
= 09221 x 130 x ln 3006
2719_____________________
(0,284)² x 328.08 x 1.1330
= 119.973 x ln 1.10555
(0.080656 x 371.7146
= 119.873 x 0.10034
29.98101
= 12.0280
29.98101
= 040118
Cd (drag coefficient = 0,40118)
BC = 0,00007143 x 130
(0,284)² x 0,40118 x 1.1330
= 0,00007143 x 130
0,08650 x 0,40118 x 1330
= 0,0000714 x 130
0,036658
BC = 0,253
V1: 3083,3093,2927,2994,3101,2982,2930,3022 X = 3006
Ve: 2757,2690,2710; X = 2719 fps
|